Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 4:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.

4. Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die tent van samekoms wees, naamlik die hoogheilige dinge.

5. By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.

6. En hulle moet ’n dekkleed van robbevelle daarop sit en ’n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.

7. Hulle moet ook oor die toonbroodtafel ’n pers doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die rookpanne en die bekers en die drankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.

8. Daarna moet hulle ’n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.

Lees volledige hoofstuk Númeri 4