Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 4:26-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.

27. Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete — alles wat hulle moet dra en hulle hele diens — moet wees volgens die bevel van Aäron en sy seuns; en julle moet hulle al hulle drawerk aanwys om dit waar te neem.

28. Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle te besorg het, moet plaasvind onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

29. Wat aangaan die seuns van Merári — dié moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families.

30. Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.

31. En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word, hulle hele dienswerk by die tent van samekoms: die style van die tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke

32. en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne — al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle met die naam aanwys.

33. Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Merári, hulle hele diens by die tent van samekoms onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

34. En Moses en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families;

35. van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.

36. En hulle geteldes was volgens hulle geslagte tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig.

37. Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die Here deur die diens van Moses getel het.

38. En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

Lees volledige hoofstuk Númeri 4