Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 36:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. en gesê: Die Here het aan my heer bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; ook het my heer van die Here bevel ontvang om die erfdeel van ons broer Selófhad aan sy dogters te gee.

3. As hulle nou die vroue word van een van die seuns uit die ander stamme van die kinders van Israel, dan word hulle erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot aangewys is, ingekort word.

4. En as die jubeljaar vir die kinders van Israel aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word.

5. Toe het Moses die kinders van Israel volgens die bevel van die Here gelas en gesê: Die stam van die kinders van Josef praat reg.

6. Dit is die saak wat die Here aangaande die dogters van Selófhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom wat goed is in hulle oë; hulle moet net trou in ’n geslag van die stam van hulle vader,

7. sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.

Lees volledige hoofstuk Númeri 36