Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 34:5-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.

6. Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.

7. En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.

8. Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.

9. Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.

10. Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.

11. En die grens moet afloop van Sefam af na Haribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant.

12. Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.

13. En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die Here beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.

14. Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang — hulle het hul erfdeel ontvang.

15. Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.

16. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

17. Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun.

18. Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.

19. En dit is die name van die manne: van die stam van Juda — Kaleb, die seun van Jefúnne;

Lees volledige hoofstuk Númeri 34