Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 34:2-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.

3. Julle suidekant dan moet van die woestyn Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die Soutsee af wees;

4. en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kades-Barnéa; dan moet dit aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe.

5. Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.

6. Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.

7. En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.

8. Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.

9. Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.

10. Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.

11. En die grens moet afloop van Sefam af na Haribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant.

12. Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.

13. En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die Here beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.

Lees volledige hoofstuk Númeri 34