Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 34:19-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. En dit is die name van die manne: van die stam van Juda — Kaleb, die seun van Jefúnne;

20. en van die stam van Símeon se kinders — Sémuel, die seun van Ámmihud;

21. van die stam van Benjamin — Elídad, die seun van Kislon;

22. en van die stam van Dan se kinders as owerste — Bukki, die seun van Jogli;

23. van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste — Hánniël, die seun van Efod;

24. en van die stam van Efraim se kinders as owerste — Kémuel, die seun van Siftan;

25. en van die stam van Sébulon se kinders as owerste — Elísafan, die seun van Parnag;

26. en van die stam van Íssaskar se kinders as owerste — Páltiël, die seun van Assan;

27. en van die stam van Aser se kinders as owerste — Ahíhud, die seun van Selómi;

28. en van die stam van Náftali se kinders as owerste — Pedáel, die seun van Ámmihud.

29. Dit is hulle aan wie die Here bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.

Lees volledige hoofstuk Númeri 34