Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 31:48-52 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

48. Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses

49. en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.

50. Daarom bring elkeen van ons as offer aan die Here wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die Here.

51. Toe het Moses en die priester Eleásar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.

52. En al die goud van die offergawe wat hulle aan die Here afgegee het, was sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.

Lees volledige hoofstuk Númeri 31