Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 31:33-48 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. en twee-en-sewentigduisend beeste;

34. en een-en-sestigduisend esels;

35. en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend.

36. En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee.

37. En die bydrae aan die Here uit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig.

38. En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-sewentig.

39. En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die bydrae daarvan aan die Here een-en-sestig.

40. En mensesiele was sestienduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-dertig siele.

41. En Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan die Here bestem was, soos die Here Moses beveel het.

42. En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het —

43. die helfte van die vergadering uit die kleinvee was driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd;

44. en die beeste was ses-en-dertigduisend;

45. en die esels dertigduisend-vyfhonderd;

46. en mensesiele sestienduisend —

47. uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem — van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere — en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die Here waarneem, soos die Here Moses beveel het.

48. Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses

Lees volledige hoofstuk Númeri 31