Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 31:32-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks kleinvee;

33. en twee-en-sewentigduisend beeste;

34. en een-en-sestigduisend esels;

35. en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend.

36. En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee.

37. En die bydrae aan die Here uit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig.

38. En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-sewentig.

Lees volledige hoofstuk Númeri 31