Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 31:31-46 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. En Moses en die priester Eleásar het gedoen soos die Here Moses beveel het.

32. En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks kleinvee;

33. en twee-en-sewentigduisend beeste;

34. en een-en-sestigduisend esels;

35. en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend.

36. En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee.

37. En die bydrae aan die Here uit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig.

38. En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-sewentig.

39. En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die bydrae daarvan aan die Here een-en-sestig.

40. En mensesiele was sestienduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-dertig siele.

41. En Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan die Here bestem was, soos die Here Moses beveel het.

42. En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het —

43. die helfte van die vergadering uit die kleinvee was driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd;

44. en die beeste was ses-en-dertigduisend;

45. en die esels dertigduisend-vyfhonderd;

46. en mensesiele sestienduisend —

Lees volledige hoofstuk Númeri 31