Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 30:7-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. en haar man daarvan hoor, op watter dag ook al, en teenoor haar swyg, dan sal haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.

8. Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en die Here sal haar dit vergewe.

9. Maar die gelofte van ’n weduwee of van ’n vrou wat verstoot is — alles waardeur sy haarself verbind het, sal vir haar van krag wees.

10. En as sy in die huis van haar man ’n gelofte doen of haarself met ’n eed verbind om haar te onthou,

11. en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg, haar nie terughou nie, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.

12. Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en die Here sal haar dit vergewe.

Lees volledige hoofstuk Númeri 30