Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 28:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

2. Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.

3. En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die Here moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as ’n voortdurende brandoffer.

4. Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei;

5. met ’n tiende van ’n efa fynmeel as spysoffer, gemeng met ’n kwart-hin uitgestampte olie.

6. Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, ’n vuuroffer aan die Here.

7. En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees ’n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die Here uitgiet.

8. En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei — ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.

9. MAAR op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van ’n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.

10. Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

11. En by die begin van julle maande moet julle ’n brandoffer aan die Here bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

Lees volledige hoofstuk Númeri 28