Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 26:48-65 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

48. Die seuns van Náftali volgens hulle geslagte: van Jágseël die geslag van die Jagseëliete; van Guni die geslag van die Guniete;

49. van Jeser die geslag van die Jisriete; van Sillem die geslag van die Sillemiete.

50. Dit is die geslagte van Náftali volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-vierhonderd.

51. Dit is die geteldes van die kinders van Israel: seshonderd-en-eenduisend-sewehonderd-en-dertig.

52. En die Here het met Moses gespreek en gesê:

53. Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name.

54. Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word.

55. Nogtans moet die land deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe.

56. Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is.

57. En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.

58. Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.

59. En die naam van Amram se vrou was Jogébed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster.

60. En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

61. En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die Here gebring het.

62. En hulle geteldes was drie-en-twintigduisend, almal wat manlik was van ’n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie.

63. Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo.

64. En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het.

65. Want die Here het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

Lees volledige hoofstuk Númeri 26