Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 26:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ná die plaag het die Here met Moses en met Eleásar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê:

2. Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, almal wat op kommando moet uittrek in Israel.

3. En Moses en die priester Eleásar het hulle toegespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:

4. Laat hulle opneem van twintig jaar oud en daarbo, soos die Here Moses beveel het. En die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het, was:

5. Ruben, die eersgeborene van Israel; die seuns van Ruben was: van Henog die geslag van die Henogiete; van Pallu die geslag van die Palluïete;

6. van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Karmi die geslag van die Karmiete.

7. Dit is die geslagte van die Rubeniete; en hulle geteldes was drie-en-veertigduisend-sewehonderd-en-dertig.

8. En die seuns van Pallu was: Elíab;

Lees volledige hoofstuk Númeri 26