Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 20:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.

2. En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.

3. En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die Here gesterf het!

4. En waarom het julle die vergadering van die Here in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?

Lees volledige hoofstuk Númeri 20