Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 2:8-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En sy leër met sy geteldes was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.

9. Al die geteldes in die laer van Juda was honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.

10. Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.

11. En sy leër met sy geteldes was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.

12. En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Símeon; en Selúmiël, die seun van Surísaddai, moet owerste oor die seuns van Símeon wees.

13. En sy leër met hulle geteldes was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.

14. Verder die stam van Gad; en Éljasaf, die seun van Réhuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.

15. En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.

16. Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek.

17. Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.

18. Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en Elisáma, die seun van Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.

19. En sy leër met hulle geteldes was veertigduisend-vyfhonderd.

20. En langs hom die stam van Manasse; en Gámliël, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.

21. En sy leër met hulle geteldes was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.

22. Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.

23. En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.

24. Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd-en-agtduisend-eenhonderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet derde opbreek.

25. Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.

26. En sy leër met hulle geteldes was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.

Lees volledige hoofstuk Númeri 2