Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 2:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die Here het met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2. Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van hulle families; op ’n afstand rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan.

3. En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.

4. En sy leër met hulle geteldes was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.

5. En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Íssaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Íssaskar wees.

6. En sy leër met hulle geteldes was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.

7. Verder die stam van Sébulon; en Elíab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.

8. En sy leër met sy geteldes was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.

9. Al die geteldes in die laer van Juda was honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.

10. Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.

Lees volledige hoofstuk Númeri 2