Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 19:12-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig — dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.

13. Elkeen wat aan ’n dooie raak, aan die lyk van ’n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die Here, en dié siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees; sy onreinheid is nog aan hom.

14. Dit is die wet: As iemand in ’n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.

15. Ook al die oop goed wat nie met ’n deksel toegebind word nie, is onrein.

16. En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n mens se doodsbeen of aan ’n graf, sal sewe dae lank onrein wees.

17. Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand is, en daar vars water in ’n pot op gooi;

18. en ’n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ’n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n graf geraak het.

19. En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.

20. Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet dié siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van die Here verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.

21. En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.

22. Ja, alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.

Lees volledige hoofstuk Númeri 19