Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 18:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die Here het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra.

2. En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is.

3. En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie.

4. Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en ’n onbevoegde mag nie na julle toe aankom nie.

5. En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie.

6. Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as ’n geskenk vir julle, mense wat aan die Here gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.

Lees volledige hoofstuk Númeri 18