Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 17:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En Moses het die stawe voor die aangesig van die Here in die tent van die Getuienis neergesit.

8. En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!

9. Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die Here was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.

10. Daarop het die Here vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.

11. En Moses het dit gedoen; soos die Here hom beveel het, so het hy gedoen.

12. Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!

13. Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die Here, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?

Lees volledige hoofstuk Númeri 17