Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 17:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.

6. Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom ’n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.

7. En Moses het die stawe voor die aangesig van die Here in die tent van die Getuienis neergesit.

8. En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!

9. Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die Here was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.

10. Daarop het die Here vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.

Lees volledige hoofstuk Númeri 17