Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 16:46-50 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

46. en Moses sê vir Aäron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle; want die toorn het van die Here se aangesig uitgegaan, die plaag het begin!

47. Toe neem Aäron dit soos Moses gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk begin! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk.

48. En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag opgehou.

49. En die wat deur die plaag gesterf het, was veertienduisend-sewehonderd, buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil.

50. Daarop gaan Aäron na Moses terug by die ingang van die tent van samekoms; en die plaag is gestuit.

Lees volledige hoofstuk Númeri 16