Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 14:37-45 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. die manne wat ’n slegte gerug aangaande die land versprei het, het gesterwe deur ’n plaag voor die aangesig van die Here.

38. Maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly.

39. En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur

40. en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die Here gesê het, want ons het gesondig.

41. Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die Here, aangesien dit tog nie sal geluk nie?

42. Moenie optrek nie, want die Here is nie in julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.

43. Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die Here afvallig geword het, daarom sal die Here nie met julle wees nie.

44. Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die Here en Moses het nie uit die laer gewyk nie.

45. Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma.

Lees volledige hoofstuk Númeri 14