Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 14:24-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Maar my kneg Kaleb, omdat ’n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.

25. Die Amalekiete en die Kanaäniete woon in die laagte — draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee.

26. Daarna het die Here met Moses en Aäron gespreek en gesê:

27. Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.

28. Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.

29. Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.

30. Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

31. En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ’n buit word — dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het.

32. Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê.

Lees volledige hoofstuk Númeri 14