Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 13:1-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

2. Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen ’n owerste onder hulle.

3. En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die Here — hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.

4. En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: Sámmua, die seun van Sakkur.

5. Van die stam van Símeon: Safat, die seun van Hori.

6. Van die stam van Juda: Kaleb, die seun van Jefúnne.

7. Van die stam van Íssaskar: Jígeal, die seun van Josef.

8. Van die stam van Efraim: Hoséa, die seun van Nun.

9. Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu.

10. Van die stam van Sébulon: Gáddiël, die seun van Sodi.

11. Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi.

12. Van die stam van Dan: Ámmiël, die seun van Gemálli.

13. Van die stam van Aser: Setur, die seun van Mígael.

14. Van die stam van Náftali: Nagbi, die seun van Wofsi.

15. Van die stam van Gad: Géhuel, die seun van Magi.

16. Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; en Moses het Hoséa, die seun van Nun, Josua genoem.

17. En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte.

18. En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is;

Lees volledige hoofstuk Númeri 13