Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 1:24-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

25. hulle geteldes van die stam van Gad was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.

26. Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

27. hulle geteldes van die stam van Juda was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.

28. Van die seuns van Íssaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

29. hulle geteldes van die stam van Íssaskar was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.

30. Van die seuns van Sébulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

31. hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.

32. Van die seuns van Josef, van die seuns van Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

33. hulle geteldes van die stam van Efraim was veertigduisend-vyfhonderd;

34. van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

35. hulle geteldes van die stam van Manasse was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.

Lees volledige hoofstuk Númeri 1