Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 1:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof;

3. van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron.

4. En met julle saam moet daar van elke stam ’n man wees, ’n man wat hoof is van sy families.

5. En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür;

6. vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai;

7. vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab;

Lees volledige hoofstuk Númeri 1