Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 1:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. soos die Here Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai.

20. En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel — hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

21. hulle geteldes van die stam van Ruben was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.

22. Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

23. hulle geteldes van die stam van Símeon was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.

24. Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

25. hulle geteldes van die stam van Gad was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.

Lees volledige hoofstuk Númeri 1