Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 7:65-73 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

65. En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.

66. Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig;

67. behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd-vyf-en-veertig sangers en sangeresse gehad.

68. Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile tweehonderd-vyf-en-veertig;

69. kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.

70. En ’n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyfhonderd-en-dertig priesterrokke.

71. En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend-tweehonderd mines.

72. En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend mines, en sewen-en-sestig priesterrokke.

73. So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 7