Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 7:59-68 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

59. die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon —

60. al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd-twee-en-negentig.

61. En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —

62. die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: seshonderd-twee-en-veertig.

63. En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ’n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.

64. Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.

65. En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.

66. Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig;

67. behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd-vyf-en-veertig sangers en sangeresse gehad.

68. Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile tweehonderd-vyf-en-veertig;

Lees volledige hoofstuk Nehemía 7