Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 7:3-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.

4. En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.

5. Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om ’n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:

6. Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;

7. wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:

8. die kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;

9. die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;

10. die kinders van Arag, seshonderd-twee-en-vyftig;

11. die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, tweeduisend-agthonderd-en-agttien;

12. die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

13. kinders van Sattu, agthonderd-vyf-en-veertig;

14. die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;

15. die kinders van Bínnuï, seshonderd-agt-en-veertig;

16. die kinders van Bébai, seshonderd-agt-en-twintig;

17. die kinders van Asgad, tweeduisend-driehonderd-twee-en-twintig;

18. die kinders van Adoníkam, seshonderd-sewe-en-sestig;

19. die kinders van Bigwai, tweeduisend-sewe-en-sestig;

20. die kinders van Adin, seshonderd-vyf-en-vyftig;

Lees volledige hoofstuk Nehemía 7