Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 7:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel.

2. En ek het my broer Hanáni en Hanánja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel — want hy was ’n getroue man en godvresend bo baie —

3. en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.

4. En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.

5. Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om ’n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:

6. Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;

7. wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:

Lees volledige hoofstuk Nehemía 7