Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 5:15-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.

16. En ook by die werk aan hierdie muur het ek volhard sonder dat ons grond aangeskaf het, terwyl tog al my mense daar by die werk versamel was.

17. En die Jode, die leiers, honderd-en-vyftig man, sowel as die wat uit die heidene rondom ons na ons toe gekom het, was aan my tafel.

18. En wat vir elke dag berei is — een bees, ses uitgesoekte stuks kleinvee en voëls — is berei op my koste, en elke tien dae allerhande soorte wyn in oorvloed; en daarby het ek tog die brood van goewerneurs nie begeer nie, omdat die diens swaar was op hierdie volk.

19. Dink, my God, my ten goede, aan alles wat ek aan hierdie volk gedoen het!

Lees volledige hoofstuk Nehemía 5