Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 3:27-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Ná hom het die Tekoïete ’n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.

28. Bokant die Perdepoort het die priesters herstel, elkeen teenoor sy huis.

29. Daarnaas het Sadok, die seun van Immer, teenoor sy huis herstel; en ná hom het Semája, die seun van Segánja, die bewaker van die Oospoort, herstel.

30. Ná hom het Hanánja, die seun van Selémja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, ’n tweede stuk herstel; daarnaas het Mesúllam, die seun van Berégja, teenoor sy kamer herstel.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 3