Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 3:20-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Ná hom het Barug, die seun van Sábbai, ’n tweede stuk ywerig herstel; van die Winkelhaak af tot by die huisdeur van die hoëpriester Éljasib.

21. Ná hom het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, ’n tweede stuk herstel, van die huisdeur van Éljasib af tot by die end van Éljasib se huis.

22. En ná hom het die priesters, die manne van die Jordaanstreek, herstel.

23. Ná hom het Benjamin en Hassub teenoor hulle huis herstel; ná hom het Asárja, die seun van Maäséja, die seun van Anánja, langs sy huis herstel.

24. Ná hom het Bínnuï, die seun van Hénadad, ’n tweede stuk herstel; van die huis van Asárja af tot by die Winkelhaak en tot by die Hoek.

25. Palal, die seun van Úsai, teenoor die Winkelhaak en die boonste toring wat uit die huis van die koning uitsteek, by die voorhof van bewaking; ná hom Pedája, die seun van Parhos.

26. En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel tot teenoor die Waterpoort, teen die ooste, en die toring wat uitsteek.

27. Ná hom het die Tekoïete ’n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 3