Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 3:20-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Ná hom het Barug, die seun van Sábbai, ’n tweede stuk ywerig herstel; van die Winkelhaak af tot by die huisdeur van die hoëpriester Éljasib.

21. Ná hom het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, ’n tweede stuk herstel, van die huisdeur van Éljasib af tot by die end van Éljasib se huis.

22. En ná hom het die priesters, die manne van die Jordaanstreek, herstel.

23. Ná hom het Benjamin en Hassub teenoor hulle huis herstel; ná hom het Asárja, die seun van Maäséja, die seun van Anánja, langs sy huis herstel.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 3