Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 3:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Éljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring Hanáneël.

2. En naas hom het die manne van Jérigo gebou; en daarnaas het Sakkur, die seun van Imri, gebou.

3. En die Vispoort het die seuns van Sénaä gebou; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

4. En naas hulle het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, herstel; en naas hulle het Mesúllam, die seun van Berégja, die seun van Mesesábeël, herstel; en naas hulle het Sadok, die seun van Báäna, herstel.

5. En naas hulle het die Tekoïete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie gebuig onder die diens van hulle Here nie.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 3