Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 3:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Éljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring Hanáneël.

2. En naas hom het die manne van Jérigo gebou; en daarnaas het Sakkur, die seun van Imri, gebou.

3. En die Vispoort het die seuns van Sénaä gebou; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

4. En naas hulle het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, herstel; en naas hulle het Mesúllam, die seun van Berégja, die seun van Mesesábeël, herstel; en naas hulle het Sadok, die seun van Báäna, herstel.

5. En naas hulle het die Tekoïete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie gebuig onder die diens van hulle Here nie.

6. En die Ou Poort het Jójada, die seun van Paséag, en Mesúllam, die seun van Besódja, herstel; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

7. En naas hulle het Melátja, die Gibeoniet, en Jadon, die Meronotiet, die manne van Gíbeon en Mispa, herstel by die setel van die goewerneur van die gebied wes van die Eufraat.

8. Naas hom het Ússiël, die seun van Harhája, van die goudsmede, herstel; en naas hom het Hanánja, ’n lid van die salfmengers, herstel; en hulle het Jerusalem onaangeroerd gelaat tot by die breë muur.

9. En naas hulle het Refája, die seun van Hur, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel.

10. En naas hulle het Jedája, die seun van Harúmaf, herstel — teenoor sy huis; en naas hom het Hattus, die seun van Hasábneja, herstel.

11. ’n Tweede stuk het Malkía, die seun van Harim, en Hassub, die seun van Pahat-Moab, herstel, ook die Bakoondtoring.

12. En naas hom het Sallum, die seun van Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.

13. Die Dalpoort het Hanun en die inwoners van Sanóag herstel; hulle het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die Aspoort.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 3