Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 12:1-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua opgetrek het: Serája, Jeremia, Esra,

2. Amárja, Mallug, Hattus,

3. Segánja, Rehum, Méremot,

4. Iddo, Gínnetoi, Abía,

5. Míjamin, Maädja, Bilga,

6. Semája en Jójarib, Jedája,

7. Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua.

8. En die Leviete was: Jésua, Bínnuï, Kádmiël, Serébja, Juda, Mattánja wat met sy broers die leiding by die kore gehad het.

9. En Bakbúkja en Unni, hulle broers, het by die dienste teenoor hulle gestaan.

10. En Jésua was die vader van Jójakim; en Jójakim was die vader van Éljasib, en Éljasib die vader van Jójada,

11. en Jójada die vader van Jónatan, en Jónatan die vader van Jaddúa.

12. En in die dae van Jójakim was die priesterlike familiehoofde: van Serája, Merája; van Jeremia, Hanánja;

13. van Esra, Mesúllam; van Amárja, Jóhanan;

14. van Mallugi, Jónatan; van Sebánja, Josef;

15. van Harim, Adna; van Mérajot, Hélkai;

16. van Iddo, Sagaría; van Gínneton, Mesúllam;

Lees volledige hoofstuk Nehemía 12