Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 11:21-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel; en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes.

22. En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;

23. want daar was ’n bevel van die koning aangaande hulle: ’n vaste ordening vir die sangers, na die eis van elke dag.

24. En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk.

25. En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon in Kirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jekábseël en sy dorpe,

26. en in Jésua en in Mólada en in Bet-Pelet

27. en in Hasar-Sual en in Berséba en sy onderhorige plekke,

28. en in Siklag en in Megóna en sy onderhorige plekke,

29. en in en Rimmon en in Sórea en in Jarmut,

30. Sanóag, Adúllam en hulle dorpe, Lagis en sy buiteveld, Aséka en sy onderhorige plekke; en hulle het in laers gestaan van Berséba af tot by die dal Hinnom.

31. En die kinders van Benjamin: van Geba af in Migmas en Aja en Bet-el en sy onderhorige plekke,

32. Ánatot, Nob, Anánja,

33. Hasor, Rama, Gittáim,

34. Hadid, Sebóim, Nebállat,

35. Lod en Ono, die Handwerkersdal.

36. En van die Leviete het afdelings van Juda by Benjamin behoort.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 11