Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 11:21-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel; en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes.

22. En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;

23. want daar was ’n bevel van die koning aangaande hulle: ’n vaste ordening vir die sangers, na die eis van elke dag.

24. En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk.

25. En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon in Kirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jekábseël en sy dorpe,

26. en in Jésua en in Mólada en in Bet-Pelet

Lees volledige hoofstuk Nehemía 11