Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 3:9-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Putéërs en Líbiërs was jou tot hulp.

10. Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.

11. Ook jý sal dronk word, beneweld wees, ook jý sal ’n toevlug soek teen die vyand.

12. Al jou vestings is vyebome met voorvye: as ’n mens skud, val hulle in die mond van die eter.

13. Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer.

14. Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.

15. Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;

16. al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel — die voetgangers vervel en vlieg weg!

17. Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op ’n koue dag op die heining sit — die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.

18. Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie.

19. Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?

Lees volledige hoofstuk Nahum 3