Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 3:14-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.

15. Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;

16. al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel — die voetgangers vervel en vlieg weg!

17. Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op ’n koue dag op die heining sit — die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.

18. Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie.

19. Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?

Lees volledige hoofstuk Nahum 3