Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 1:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. GODSPRAAK oor Ninevé. Die boek van die gesig van Nahum, die Élkosiet.

2. ’n Jaloerse God en ’n wreker is die Here, ’n wreker is die Here, en vol grimmigheid; ’n wreker is die Here vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.

3. Die Here is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die Here ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

4. Hy dreig die see en maak dit droog en laat al die riviere opdroog; Basan en Karmel kwyn weg, en die groenigheid van die Líbanon verwelk.

5. Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.

6. Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.

Lees volledige hoofstuk Nahum 1