Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 6:11-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Sal Ek rein kan wees by ’n valse weegskaal en by ’n sak vol bedrieglike gewigte?

12. Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.

13. So slaan Ek jou dan ook met ’n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.

14. Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.

15. Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie.

16. Want die insettinge van Omri word onderhou en al die werke van die huis van Agab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot ’n woesteny sou maak en die inwoners daarvan ’n bespotting: en die smaad van my volk sal julle dra.

Lees volledige hoofstuk Miga 6