Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 1:9-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda, dit reik tot aan die poort van my volk, tot by Jerusalem.

10. Moet dit nie in Gat vertel nie, ween daar ganselik nie! In Bet-Ofra het ek my in die stof gewentel!

11. Trek weg in smadelike naaktheid, o inwoners van Safir! Die inwoners van Saänan trek nie uit nie. Die weeklagte van Bet-Haësel sal julle daar die verblyf ontneem.

12. Want die inwoners van Marot wag in pyn op iets goeds, omdat onheil neerdaal van die Here na die poort van Jerusalem.

13. Span die perde voor die wa, o inwoners van Lagis! Dit was die begin van sonde vir die dogter van Sion, dat die oortredinge van Israel in jou gevind is.

14. Daarom moet jy ’n afskeidsgeskenk gee aan Moréset-Gat; die huise van Agsib sal ’n teleurstelling wees vir die konings van Israel.

15. Nogmaals sal Ek jou ’n veroweraar bring, o inwoner van Marésa; die adel van Israel sal tot by Adúllam kom.

16. Maak ’n kaalte op jou hoof en skeer jou weens jou troetelkinders; maak die kaalplek groot soos dié van ’n aasvoël, omdat hulle van jou af weggevoer is in ballingskap.

Lees volledige hoofstuk Miga 1