Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 7:28-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

29. Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die Here sy dankoffer bring, moet self aan die Here die gawe uit sy dankoffer bring;

30. sy hande moet die vuuroffers van die Here bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here te beweeg.

31. En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.

32. Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.

33. Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterboud as deel toe.

34. Want die beweegbors en die hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.

35. Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die Here, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die Here te bedien —

36. wat die Here beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ’n ewige insetting vir hulle geslagte.

37. Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer

38. wat die Here Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die Here te bring.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 7