Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 7:22-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

23. Spreek met die kinders van Israel en sê: Géén vet van ’n bees of skaap of bok mag julle eet nie.

24. Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.

25. Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die Here ’n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

26. Ook mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.

27. Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

28. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

29. Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die Here sy dankoffer bring, moet self aan die Here die gawe uit sy dankoffer bring;

30. sy hande moet die vuuroffers van die Here bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here te beweeg.

31. En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.

32. Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 7