Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 6:19-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

20. Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die Here moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van ’n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.

21. Dit moet op ’n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die Here.

22. Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as ’n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die Here aan die brand gesteek word.

23. So moet dan elke spysoffer van ’n priester ’n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.

24. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

25. Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die Here geslag word. Dit is hoogheilig.

26. Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op ’n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.

27. Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op ’n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op ’n heilige plek was.

28. En ’n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in ’n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.

29. Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.

30. Maar elke sondoffer waarvan ’n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 6