Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 6:16-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op ’n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.

17. Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.

18. Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die Here. Alles wat daaraan raak, word heilig.

19. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

20. Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die Here moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van ’n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.

21. Dit moet op ’n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die Here.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 6